Textured Brutalist Double Triangle Element
Textured Brutalist Semicircle Element
Textured Brutalist Semicircle Element
Textured Brutalist Square Element
Textured Brutalist X Element
Textured Brutalist Corner L Element
Textured Brutalist Triple Right Triangles Element
Textured Brutalist Triple Right Triangles Element

Klein Studente

Die Toekoms van die Wêreld begin by Klein Studente!

Textured Brutalist Star Element
Textured Brutalist Semicircle Element
Textured Brutalist Quarter Circle Element
Textured Brutalist Double Triangle Element
Textured Brutalist Circle And Quarter Circle Pattern Element
Textured Brutalist Double Triangle Element
Textured Brutalist Corner L Element
Textured Brutalist Double Semicircle Element
Textured Brutalist X Element

Ons Tye + Fooie

Diens

Tye

Prys

Naskool

Gr R-7

12:45-17:15

R1200

Naskool

Gr8-12

12:45-7;15

R1000

Tuisonderrig

7:00-13:00

R1500

Naskool

Klein Studente Naskool wil graag ‘n verlengstuk wees tussen die skool en huis. By ons middag huis, in ‘n veilige en rustige omgewing kan die kinders binne ons reëls hulself uitleef aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite. Ons opvoeding strek verder as slegs akademie, daar word ook aandag gegee aan kinders se sosiale- en emosionele ontwikkeling. Personeellede is behulpsaam met die doen van huiswerk. Ons versoek dat ouers weer hersiening by die huis doen. Kontroleer ook u kind se huiswerk boekie. Dit wys vir u kind dat u belangstel in hul vordering. Ons maak seker almal voel gemaklik en tuis hier by ons. Hulle word sommer vinnig lief vir Klein Studente Naskool, net soos ons vir hulle word!

Textured Brutalist Triangle Element
Textured Brutalist Double Triangle Element
Textured Brutalist Corner L Element
Textured Brutalist Semicircle Element

Wat ons doen:

  • Gaan haal die kinders wanneer die skool uitkom
  • Voorsien ‘n middagete
  • Hou toesig terwyl daar huiswerk/leerwerk gedoen word.
  • Ekstra hulp sal beskikaar wees indien nodig.
  • Kinders wat middag aktiwiteite by die skool het, sal skooltoe en terug vergesel word.


SLEGS Kragbron toe en terug!


8 Amaryliis straat

Uitbreiding 10,Witbank

Location Pin Illustration

Tye

Fooie

Skooldae

Maandag-Vrydag 12:45-17:15

Vakansies

Maandag-Vrydag 6:15-17:15


  • Die naskool is oop van Januarie tot Desember
  • Heropen 8 Januarie 2024
  • Sluit Vrydag 13 Desember 2024

Graad R-7

R1200 p/m

Graad 8-12

R1000p/m

*Streng vooruitbetaalbaar voor/op 3de van elke maand.

*Betaalbaar vir 12 maande

  • Indien ‘n leerder na 17:15 by die naskool afgehaal word sal ‘n boete van R50,00 per kwartier gehef word!

NB!

Indien ouers hulle kinders oplaai by ‘n aktiwiteit moet dit asseblief gekomunikeer word aan die naskool om te verhoed dat ons na leerders soek wat reeds opgelaai is. Enige aktiwiteite waar tye verander,gestaak of geskuif word MOET asseblief aan ons deurgegee word. Streng toepassing van sekuriteit en dissipline sorg dat leerlinge veilig en gelukkig is. Bywoningsregister en die aktiwiteitsrooster is ‘n belangrike deel van ons sekuriteit, sodat ons ten alle tye weet waar u kind is. Stel ons asb in kennis as u kind die dag siek is of nie die naskool gaan bywoon nie. Stel ons ook asseblief vroegtydig in kennis indien ‘n ander person u kind gaan kom optel.

KUIERGASTE: Geen kuier-kinders word toegelaat, tensy die dagfooi van R60-00 per kind betaal word nie. Vooraf reëlings MOET asseblief getref word

Studietyd Gr4-7

GEEN SELFONE TYDENS STUDIE TYD NIE!!! Daar sal toesig gehou word elke dag vanaf 14:00 tot 16:00. Huiswerk begin direk na ete. Tydens hierdie tyd kan die leerder huiswerk doen of studeer. Indien ouers vir ons ‘n studie skedule gee vir die leerder tydens eksamen tyd sal daar seker gemaak word die leerder hou daarby. Die doen en voltooi van huiswerk word belangrik geag. Indien ‘n kind nie huiswerk het nie, kan hulle begin voorberei vir toetse/eksamen sodat ander leerlinge nie gesteur word tydens studie tyd nie. Huiswerk word onder toesig in die klasse by tafels gedoen. Indien u kind aan baie aktiwiteite deelneem, sal dit vir hom/haar moeilik wees om sy/haar huiswerk te voltooi. Ouers moet asseblief alle huiswerk na gaan. Dit wys vir u kind dat u belangstel in hul vordering. Neem kennis dat GEEN take, arbeidsterapie werk of onvoltooide klaswerk by die naskool gedoen sal word vir enige graad nie. Onvoltooide klaswerk is die leerder se eie verantwoordelikheid en moet op sy/haar eie tyd voltooi word.

Huiswerk

  • Stilte moet gerespekteer word tydens studie tye.
  • Studietye is direk na middagete 14:00 tot 16:00.
  • Leerders wat nie huiswerk het nie, sal toegelaat word om ‘n leesboek te lees of voor te berei vir toetse/eksamen.
  • Ouers moet asseblief seker maak dat hulle kinders alle huiswerk netjies en volledig neerskryf in hulle huiswerkboeke.
  • Kontroleer en teken asseblief u kind se huiswerkboek en maak seker dat hulle die huiswerk / leerwerk ken.
  • Huiswerk word onder toesig gedoen maar huiswerk en leerwerk bly nogsteeds die leerder en ouer se verantwoordelikheid.

* Eksamentye moet leerders sorg vir eie eksamenblok en kleurpenne/highlighters.

Reels

  • Ons verwag dat leerlinge gehoorsaam sal wees en almal en alles met die nodige respek sal behandel.
  • Swak taal en gedrag sal nie geduld word nie. Leerders wat hulself konstant skuldig maak aan swak gedrag se ouers sal hieroor ingelig word. Indien die leerder sou voortgaan, sal daar dissiplinêre stappe geneem word, wat tot skorsing kan lei.
  • Geen gevaarlike speletjies of voorwerpe of harde balle word toegelaat nie.
  • Geen verantwoordelikheid sal geneem word vir persoonlike besittings wat wegraak nie.
  • Leerders sal slegs met toestemming van ouer / voog die terrein verlaat.
  • Die naskool moet telefonies of skriftelik in kennis gestel word indien enige ander persoon die leerder kom afhaal.
  • Merk asb alle klere, boeke en skryfbehoeftes.
  • Leerders moet gepaste/gemaklike speelklere aantrek na skool. Onthou warm klere – die weer kan vinnig verander.
  • Geen leerder sal toegelaat word om te sit en speel op selfone nie. Leerders se selfone sal gekonfiskeer word en teruggegee word aan ouers. Vakansietye word selfone en tablette toegelaat.

Tuisonderrig/Homeschool

Impaq Kurikulum-CAPS

Impaq is die grootste tuisonderrig kurrikulumverskaffer in Suid-Afrika.Impaq voorsien leerders regoor die land van alles wat hulle nodig het om graad R tot 12 tuis te voltooi.

Lesmateriaal

Impaq bied 'n omvattende stel opvoedkundige produkte gebaseer op die nasionale kurrikulum in Engels en Afrikaans. Die KABV-belynde lesmateriaal is spesiaal deur onderwysspesialiste ontwikkel om te verseker dat leer prettig, opwindend en boeiend is. Ons produkte en dienste is ook ontwerp om geïndividualiseerde leer moontlik te maak, wat leerders in staat stel om teen hul eie tempo, enige tyd en enige plek te studeer.

Klik HIER om Impaq se webtuiste te besoek vir meer inligting.

Ons rol in tuisonderrig

Tutors bied 'n belangrike ondersteunende rol aan die leerreis van u kind. Leerondersteuning word óf op 'n individuele basis tussen 'n tutor en 'n leerder óf binne groepsverband gebied.


Ouers kies dikwels om die dienste van tutors in te roep om hul kinders se opvoeding aan te vul, aangesien tutors uniek toegerus is om die ouer van tuis- / afstandsonderrig te ondersteun.


Ons gekwalifiseerde tutors:


  • bied akademiese en vakspesifieke ondersteuning,
  • verseker dat u kind meer aandag kry in die klas.
  • laat die leerder toe om op haar/sy eie pas te werk.

Algemene inligting

Betalings

Tariewe is streng vooruitbetaalbaar voor of op die 3de van elke maand vanaf Januarie tot Desember. Vir enige betaling wat na die 3de ontvang word, sal ‘n laat betaling fooi van R150-00 op die rekening gelaai word. Daar sal geen terugbetaling vir afwesighede van watter aard ookal wees nie.

Een kalendermaand skriftelike kennis word vereis indien die leerling die skool verlaat,andersins moet een volle maand se naskoolfooi betaal word. U laaste kennis dag/maand is 1 September. Geen kennis sal aanvaar word in Oktober om Desember maand se fooi vry te spring nie.

Naskool gelde is 12 maande betaalbaar. Leerders wie se Desember fooie uitstaande is sal nie Januarie toegelaat word nie.

Indien U naskool fooie agterstallig is behou die eienaar die reg om U rekening aan die prokureurs te oorhandig, en u kind te weier.

U sal aanspreeklik gehou word vir die regskoste.

Textured Brutalist Double Triangle Element
Textured Brutalist K Element
Textured Brutalist Square Element

Bankbesonderhede

Bank

Capitec Business

Branch Code

450105

Account number

1051285445

Verwysing

Leerder se naam+ graad



Vrywaring

Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige besering / skade / verlies wat opgedoen word deur ‘n leerder op ons perseel nie, tensy dit kan bewys word dat dit direk veroorsaak is deur growwe nalatigheid van Klein Studente Naskool. U gee toestemming dat ons ingeval van ‘n noodgeval die naaste mediese fasiliteit wat u kind kan help kan gebruik. U sal dan aanspreeklik wees vir die betaling van enige mediese uitgawe.

Textured Brutalist Square Element
Textured Brutalist Semicircle Element
Textured Brutalist Semicircle Element
Textured Brutalist Double Semicircle Element

Skryf nou

in!

Textured Brutalist Semicircle Element
Textured Brutalist Semicircle Element
Textured Brutalist Star Element
Textured Brutalist Square Element
Textured Brutalist Square Element

Kontak Ons

E-mail: kleinstudente@gmail.com

Naskool

Cornel:

0837842443

Tuisonderrig

Natatia:

0630179997